Sola Netwerk is nie 'n kerk of 'n sinode nie. Dit is 'n nasionale netwerk van onafhanklike Afrikaanssprekende gemeentes van gereformeerde belydenis wat ten doel het om mekaar onderling te ondersteun en met mekaar saam te werk wat bepaalde bedieningsaspekte betref.
Gemeentes wat deel is van Sola Netwerk is onafhanklike gemeentes wat op geen manier deel is van 'n ander kerkverband of denominasie nie. Die Netwerk is nie kerk nie. Elke individuele gemeente is volwaardig kerk, maar vat met mekaar hande op grond van 'n spesifieke belydenisgrondslag en instemming tot sekere kernwaardes.
Binne Sola Netwerk heers geen kerk (gemeente) oor 'n ander nie. Elke gemeente se kerkraad beskik oor die vryheid tot besluitneming. Daar is geen hoër kerklike gesag as die plaaslike kerkraad nie.
a) Die drie ekumeniese belydenisse te wete: Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius.
b) Die Drie Formuliere van Eenheid te wete: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls.
Gemeentes binne Sola Netwerk onderskryf genoemde belydenisse nie in soverre as wat dit met die Skrif ooreenstem nie, maar omdat dit ooreenstem.
Juis omdat Sola Netwerk Gemeentes die Dordtse Leerreëls onderskryf, volg dit vanselfsprekend dat die sogenaamde “Doctrines of Grace”:
Die totale verdorwenheid van die mens
Soewereine uitverkiesing
Partikuliere versoening
Onweerstaanbare genade en
Volharding van die gelowiges
Lees meer oor die kernwaardes wat Sola Netwerk onderskryf.